Bertolt Brecht

Bertolt Brecht
Gebore
Eugen Berthold Friedrich Brecht

10 Februarie 1898
Sterf14 Augustus 1956
NasionaliteitDuits
BeroepDramaturg en digter
Bekend virDie Dreigroschenopfer (1928)
Aufstieg und Fall der Stadt Mahagonny (1931)
Mutter Courage und Ihre Kinder (1939)
Leben des Galilei (1943)
Der Gute Mensch von Sezuan (1943)
EggenootMarianne Zoff
Helene Weigel
Handtekening

Bertolt Brecht (10 Februarie 189814 Augustus 1956) was 'n Duitse dramaturg, digter en teaterregisseur. Hy was veral bekend vir Die Driestuiwer-opera, Die Kaukasiese krytsirkel en Moeder Courage. Sy toneelstukke ondersoek politieke idees en is wat vorm betref, soortgelyk aan antieke Griekse dramas.[1]

Brecht was baie invloedryk wat die ontwikkeling van lewende teater gedurende die 20ste eeu betref, veral in die manier waarop hy voortgebou het op die politieke en estetiese eksperimente van regisseurs soos Erwin Piscator, en in hoe hy Marxistiese ideologie deel gemaak het van die teorie en praksis van epiese teater. Brecht is bekend vir sy teoretisering van die Verfremdungseffekt, wat teen naturalisme in die teater werk en doelbewus 'n vervreemende afstand tussen die akteurs/handeling en gehoor van 'n toneelstuk nastreef.

Die Weimar-geinspireerde musikale verhoogstuk Die Dreigroschenoper (in Afrikaans Die Driestuiwer-opera, en in Engels geken as The Threepenny Opera), wat Brecht geskryf het in samewerking met die komponis Kurt Weill, is een van die mees suksesvolle teaterstukke van die afgelope eeu. Die bekende liedjie "Mackie Messer" ("Mack the Knife") wat daarin voorkom word algemeen deur jazz- en kabaretsangers opgeneem.

Brecht is in 1930 getroud met die aktrise Helene Weigel.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search